Manuskrip

Christus Pantocrator sittende in 'n hoofletter-U in 'n geïllumeerde manuskrip uit die Badische Landesbibliothek, Duitsland.
'n 10de-eeuse minuskelmanuskrip van Thukydides se Geskiedenis van die Peloponnesiese Oorlog

'n Manuskrip is enige handgeskrewe of getikte dokument in teenstelling met dokumente wat meganies gedruk of op 'n indirekte of geoutomatiseerde manier gekopieer is.[1] Vandag word dit beskou as 'n outeur se geskrewe of getikte kopie of drukstuk van 'n werk wat van die finaal gedrukte weergawe onderskei moet word.[2] Voor die koms van drukkuns, was alle dokumente en boeke manuskripte. Manuskripte word nie gedefinieer deur hulle inhoud wat teks gekombineer met wiskundige berekeninge, kaarte, verduidelikende figure of illustrasies kan insluit nie. Manuskripte kan in boekvorm, rolle of in kodeksformaat voorkom. Geïllumineerde manuskripte bevat prente, randversierings, uitvoerige gebosseleerde aanvangsletters of volbladillustrasies.

  1. http://www.merriam-webster.com/dictionary/manuscript
  2. Sjabloon:OED

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search